Die nuwe PDF eBoek oor die Krugerwildtuin

In Afrikaans. Slegs R110.00

"Die Kruger in 20 Dae" is eintlik 'n 'per-ongeluk' boek. Die idee om dit te skryf het gekom nadat 'n groot hoeveelheid inligting reeds versamel was as gevolg van ons toere in die Nasionale Krugerwildtuin.

Of die boek geskryf sou wees as ons vooraf geweet het hoeveel werk, skoolgeld, tyd en moeite die skryf daarvan sou meebring, is ek nie seker van nie, maar uiteindelik was dit lekker as mens terugkyk op die pad en ek voel tevrede dat die boek beslis waarde vir geld bied, beide as inligtingsbron terwyl mens in die Krugerwildtuin reis en ook as beplanningshulpmiddel met roetebeplanning en vakansiebeplanning voor die rit.

Hier is die boek, 'n bron van inligting nou vir u in Afrikaans - nog steeds die taal wat mens die meeste hoor in die Krugerwildtuin, hoewel 'n groeiende persentasie Europese en Asiatiese tale gehoor word.

As u graag op 'n 20 dae toer deur die Krugerwildtuin wou gaan, maar nie die tyd daarvoor het nie, is dit nou maklik. Hierdie boek vat mens op 'n 20 dae toer deur die Kruger Park, sonder koste, sonder moeite, in een dag.

Die boek het tans 340 bladsye, versier met 380 meesal groot, wye fotos, beskrywings van 304 aandagspunte soos damme, drinkplekke, piekniekplekke, uitkykplekke, ruskampe, watergate en ander interessante brokkies oor dinge soos die Krugerwildtuin se diere, bome en ook oor die mense wat die Wildtuin besoek.

Die boek beskryf 'n stel van 20 dagritte wat u kan onderneem deur die hele Wildtuin, met slegs 'n paar kilometer pad wat nie ingesluit is nie. Daar is ook 'n korter roete wat tien dae sal duur, waar ek die roetes wat ek nou, na my ondervinding van al die roetes, sal volg as ek minder tyd sou hê en die beste roete sou moes uitsoek. Hierdie twee roetes behoort u genoeg data te verskaf om u eie roetes te kan ontwerp wat by u tyd en smaak sal pas.

Die ritte se aandagspunte word aangedui op kopieë van Tracks4Africa se elektroniese kaart van die Wildtuin. Elkeen van hierdie aandagspunte word toegelig met 'n foto en beskrywing van die plek, wat hierdie boek voorwaar die tweede beste bron van inligting maak behalwe 'n persoonlike besoek aan die Krugerwildtuin.

Koop hom gerus, wees net gewaarsku dat u daarna dalk 'n drang mag ervaar om 'n besoek te bring aan Suid Afrika se beste Nasionale Park. Die Krugerwildtuin.

Die boek word verskaf in PDF formaat (wat kan uitdruk op A4 bladsy grootte) wat u in staat stel om die boek op u persoonlike rekenaar, skootrekenaar en meeste van die eBoek lesers wat vandag beskikbaar is, te lees. U kan maklik in die boek soek na enige woord of sin en ook die grootte van die bladsye en fotos stel sodat dit vir u gemaklik lees en die fotos duideliker vertoon.

Indien u die Wildtuin besoek en u wil graag die boek saamneem, is dit maklik om die dele wat op elke dag betrekking het, te druk en saam te neem op die dag se roete. U kan dan op die bladsye aantekeninge maak van diere, bome, voëls ens wat u op die betrokke plekke gesien het en sodoende die inligting van u toer te bewaar vir latere gebruik en herinneringe.

Die boek is 'n moet vir enigeen wat 'n vakansie in die Krugerwildtuin wil gaan geniet. Al daardie inligting gerangskik in 'n logiese volgorde volgens dag, kampe en aandagspunte. Alles vir slegs R110.00 - u kan die boek vanaand al lees as u wil. Maklik.

Indien u probleme ondervind om die boek te lees of te druk, laat weet asseblief sodat ons kan help om enige probleem op te los.

Die voorblad van Die Kruger in 20 Dae Olifantwaterbok